Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
3 in hof dag ná sakeman se dood

’n Dag nadat ’n bekende sakeman van Kimberley ná ’n aanval op sy plaas oorlede is, het sy vermeende aanvallers vlugtig in die landdroshof in die stad verskyn.

Drie mans, onder wie twee onwettige Lesotho-burgers, se verhoor is Woensdag, ’n dag nadat Piet Els (87) in die hoësorgeenheid in die Mediclinic Gariep oorlede is, tot Junie uitgestel. Sy jare lange vriendin, Rikki Alsemgeest, was by hom toe hy Dinsdag omstreeks 00:20 oorlede is.

Piet Els

Els se dood volg ná ’n aanval op 24 Januarie vanjaar waarin hy onder meer met ’n strykyster gebrand is om toegang tot die kluis in die huis op sy plaas buite Kimberley te verkry.

Sowel Els as Alsemgeest het veelvuldige beserings in die aanval opgedoen. Els het ook kopbeserings opgedoen. Hulle is geskop, geklap en met ’n pyp geslaan en van Els se toonnaels is uitgetrek.

Kapt. Sergio Kock, ’n polisiewoordvoerder, sê ’n klag van moord is tydens Woensdag se vlugtige hofverskyning tot die klagstaat gevoeg.

Die mans het op aanklagte van huisbraak, roof met verswarende omstandighede en verkragting verskyn en moet weer op 6 Junie in die hof verskyn.

Ook die verhoor van ’n 27-jarige vrou (27) wat vroeër by haar huis in Galeshewe, Kimberley, in hegtenis geneem is, is tot dan uitgestel.

Haar verskyning volg nadat juweliersware, ’n muntversameling en motorsleutels wat moontlik aan Els en Alsemgeest behoort, in haar besit gekry is.

Sy het op ’n aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde goedere verskyn.

Meer oor:  Piet Els  |  Rikki Alsemgeest  |  Kimberley  |  Aanvallers  |  Plaasaanval  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.