Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
3 in hof ná ontvoering, aanranding

Drie mans van Thabong by Welkom in die Vrystaat verskyn weer Dinsdag in die hof nadat hulle na bewering ’n man ontvoer en aangerand het.

Richard Pandu (28), Jabulani Terry Ngomane (30) en Polite Rikhotso (26) het reeds verlede week in die landdroshof in Welkom verskyn nadat hulle na bewering Thembani Seuntjie Mzili (37) op 3 Februarie ontvoer en aangerand het.

Hulle het ook op ’n aanklag van poging tot moord in die hof verskyn omdat hulle glo dieselfde dag op Adbul Makhubela (29), Mzili se vriend, geskiet het.

Die polisie soek nog na die drie se makkers wat glo saam met hulle was.

’n Man het uitgeklim en Mzili glo op die linkerknie geskop en hom in die motor gedwing.

Hul verhoor is tot Dinsdag uitgestel wanneer hulle waarskynlik om borgtog aansoek sal doen.

Sers. Mamello Mokhuoane, polisiewoordvoerder, sê Mzili en Makhubela het omstreeks 20:40 in Thabong gery toe hulle by ’n winkel gestop het omdat Makhubela sigarette wou koop.

Mzili het buite die motor gewag toe ’n Mercedes-Benz skielik naby sy motor stilgehou het. Die mans het na bewering na Makhubela gesoek, maar toe Mzili gegryp.

’n Man het uitgeklim en Mzili glo op die linkerknie geskop en hom in die motor gedwing.

Volgens Mokhuoane het Makhubela gesien wat gebeur en het hy vinnig in sy motor gespring en gevlug, waarna die vyf mans hom agternagesit en glo op hom geskiet het.

Hy kon van hulle wegkom en het die voorval by die Thabong-polisiekantoor aangemeld.

Die mans het Mzili in ’n straat aangerand en hom met ’n vuurwapen gedreig.

Mokhuoane sê hulle het hom aangerand totdat hy sy bewussyn verloor het. Die mans het hom daarna in ’n sloot gegooi omdat hulle vermoedelik gedink het hy is dood.

Mzili het in die vroeë oggendure eers weer sy bewussyn herwin en het om hulp geroep toe ’n verbyganger sy noodkrete hoor en tot sy redding gekom het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.