Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
KYK: 3 in hof nadat bejaarde se lyk onder klere gekry is

Drie mense het Woensdag in die landdroshof in Fochville verskyn nadat die lyk van ’n bejaarde vrou in haar huis gekry is.

Susanna Maria Elizabeth Nell (84). Foto: Verskaf

Deborah Swanepoel (64), haar seun Jacobus Pieter Swanepoel (29) en Chris van Vuuren (23) het vlugtig in verband met die moord in die hof verskyn.

Dit kom nadat Susanna Nell (84) se lyk Maandag onder ’n hoop klere in die eetkamer van haar huis op die plaas Elandsfontein in Fochville gekry is. ’n Werker het onraad vermoed en die polisie is ontbied.

Landdros Adele Maas het die saak tot 5 Maart vir ’n borgtogaansoek uitgestel. Die drie bly tot dan in aanhouding.

Die mans en vrou is dieselfde dag in Klerksdorp met Nell se beursie en selfoon in hul besit aangekeer.

Gesteelde goedere, wat aan Nell behoort het, is ook later in ’n woonstel op die plaas gekry.

Jaco Swanepoel (48), ’n kleinseun van Nell, het buite die hof gesê dat Nell verlede week haar glo oor die drie ontferm het en vir hulle huisvesting gegee het.

“My ouma het hulle jammer gekry omdat hulle haweloos is. Hierdie mense moet lank weggebêre word vir wat hulle aan ’n weerlose, bejaarde vrou gedoen het.”

Chris van Vuuren (voor) en Jacobus Pieter Swanepoel het Woensdag in die landdroshof in Fochville verskyn. Foto: Werner Beukes
Meer oor:  Chris Van Vuuren  |  Susanna Nell  |  Deborah Swanepoel  |  Fochville  |  Lyk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.