Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
3 in hof oor lyk buite Kuruman

Drie verdagtes sal volgende week aansoek om borgtog in die hof in Mothibistad doen nadat ’n verkoolde lyk Maandag in Bathlaros buite Kuruman gevind is.

Onalemang Mathlole (22), Phenyo Majeng (30) en Ntutuzele Kock (25) het Woensdag vlugtig die eerste keer in die hof verskyn.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die lyk is nog nie geïdentifiseer nie.

Dit volg op die verdwyning verlede Vrydag van Ronnie Haarhoff (80).

Volgens Francois Haarhoff, Ronnie se seun, sal hy Vrydag hoor of die lyk moontlik sy pa s’n is.

“Die polisie het DNS-monsters geneem om die lyk se identiteit te probeer vasstel.”

Sy pa se selfoon is ook nog nie opgespoor nie.

“Toegang tot sy bankrekening is gestop, maar geen geld is weg nie.”

Hy het verlede Vrydag omstreeks 09:00 die laaste keer telefonies met sy pa gepraat.

“Die Mimosa-ouetehuis het my Vrydagaand laat weet dat hy vermis is. Hy het nie vir aandete opgedaag en om sy medisyne te kry nie.”

Hy het vermis geraak toe hy van die ouetehuis gery het om inkopies te gaan doen.

Sy pa se motor is later naby Kagung opgespoor.

Meer oor:  Ronnie Haarhoff
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.