Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
3 in Pta vrygespreek oor ‘aanranding, crimen injuria’

Francois Leibrandt is Woensdag in een van die verskeie hofsake teen hom onskuldig bevind.

francois leibrandt
Francois Leibrandt tydens 'n vorige hofverskyning. Foto: Deaan Vivier

Hy het saam met ’n gewese meisie van hom, Melissa Grobbelaar, asook Benjamin Kock in die landdroshof in Pretoria-Noord tereggestaan op aanklagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer, roof en crimen injuria.

Dit volg nadat Motshwane Kabelo Sefiri beweer het dat die drie hom in Junie 2016 by ’n rooi verkeerslig in Sinoville, Pretoria, uit sy kar gepluk, geslaan en geskop het, toe sy kar se sleutel gevat het en hom ’n f***n k***r genoem het.

Die beskuldigdes het skuld ontken en ná die staat se saak ’n aansoek om ontslag gebring.

Landdros Motlhoki Rapulana het bevind dat Sefiri ’n oneerlike en ongeloofwaardige getuie was.

“Die klaer kan net homself blameer. Hy het met talle en talle weergawes vorendag gekom; drie verskillende verklarings aan die polisie, ’n vierde een wat by die hof ingedien is, en dan ’n ander weergawe in sy getuienis in die hof.

“Daarby weerspreek die verklarings mekaar, sowel as sy getuienis,” het die landdros bevind en die trio vrygespreek.

* Leibrandt staan ook in die landdroshof in Pretoria tereg op ander aanklagte van onder meer aanranding en poging tot moord. Daarby het hy twee soortgelyke hangende sake in Pretoria-Noord.

Hy het vroeër aangedui dat hy nou, nadat hy borgtog in een van dié sake geweier is, skuld in twee gevalle wil beken.

Hy bly in aanhouding.

Meer oor:  Francois Leibrandt  |  Pretoria  |  Crimen Injuria  |  Roof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.