Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
3 kinders brand dood, ma in hof

Die 34-jarige ma van drie kinders is in hegtenis geneem en staan tereg op klagte van strafbare manslag nadat haar kinders in hul huis in Brakpan aan die Oos-Rand doodgebrand het.

Kapt. Mavela Masondo, Gautengse polisiewoordvoerder, sê die ma is Vrydagaand in hegtenis geneem nadat ’n brand in haar plakkershut in die Plastic View- informele nedersetting uitgebreek het.

“Die ma het na bewering ’n kers aangesteek en die kinders in die hut gelos. Sy is glo toe na ’n sjebien,” sê Masondo.

William Tladi, woordvoerder van die nooddienste in Ekurhuleni, sê hulle is kort ná 22:00 na die toneel ontbied.

“Ons het die brand geblus en die reddingspan het op drie lyke, wat onherkenbaar verbrand het, onder die puin afgekom,” sê Tladi.

Die meisie (7) en haar broers (onderskeidelik 6 en 3) was ten tyde van die voorval alleen tuis.

“Ons weet nie of enigiemand anders daar woon nie, maar net die drie kinders was ten tyde van die brand in die huis,” sê Masondo.

Die ma sal Maandag in die landdroshof in Brakpan verskyn.

Meer oor:  Brakpan  |  Oos-Rand  |  Doodgebrand  |  Plakkerskamp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.