Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
3 kry borgtog ná moord op Noordwes-boer
Hannes Christie Foto: Verskaf

Drie mans wat verdink word van die moord op Hannes Christie (65) in Februarie op sy plaas naby Coligny is Maandag elk op borgtog van R1 800 in die dorp se landdroshof vrygelaat.

Danny Melato (28), Thabiso David Tierman (24) en Attie Seripe (23) moet weer op 21 Mei in die hof op aanklag van moord en huisroof verskyn, sê lt.kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes.

Melato en Tierman is einde Maart in hegtenis geneem en Seripe op 8 April.

Christie is einde Februarie op die familieplaas waar hy sy lewe lank geboer het, vermoor. Hy was alleen op die plaas toe hy aangeval en met ’n skerp voorwerp in die agterkop gekap is.

Werkers het vroegoggend op Christie se lyk in die huis afgekom nadat hulle onraad vermoed het omdat die skuifdeur oop was.

Sers. Kelebogile Moleko, polisiewoordvoerder in Noordwes, het kort ná die moord gesê drie vuurwapens is gesteel. Daar was geen gedwonge toegang tot die huis nie.

Lily Smit Foto: Verskaf
Boeta Smit Foto: Verskaf
Die vermeende moordenaar van die Smit-egpaar, Pfunzo Netshiongolwe. Foto: Verskaf

Cor Christie, Hannes se seun, sê sy pa is al sedert sy skooldae betrokke by die boerdery op die familieplaas Vlakfontein. “My oupa (Cor sr.) is dood toe my pa 12 was. My pa het maar sy hele lewe lank op die plaas gewoon en (met graan en vee) geboer.”

Hy sê sy pa het diep spore in die Coligny- en Lichtenburg-omgewing getrap. “Hy was betrokke by die reëlings vir die eerste kameelperd-spitbraai in die 1990’s in Coligny. My pa het ’n goeie hart gehad en sou homself in die voet skiet om mense te help, al het hulle hom vantevore te na gekom.”

*Intussen het die vermeende moordenaar van Lily (66) en Boeta (69) Smit van Potchefstroom Maandag vlugtig in die landdroshof in die stad verskyn. Die egpaar is in Desember 2017 in hul huis oorval.

Die rower het albei erg aangerand: Boeta is op die toneel dood weens talle kopwonde, terwyl Lily twee maande ná die aanval ook weens breinbeserings dood is. Sy was sedert die aanval in ’n vegetatiewe toestand.

Pfunzo Netshiongolwe (30), wat glo die dag van die rooftog in die Smitte se gesteelde bakkie aangetref is, staan tereg weens hul moord, asook op aanklagte van roof met verswarende omstandighede en roekelose of nalatige bestuur.

Die hofverrigtinge is Maandag tot 28 Mei uitgestel vir verdere ondersoek.

Meer oor:  Hannes Christie  |  Borgtog  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.