Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
3 sersante in hof oor beweerde omkopery

Drie Oos-Kaapse polisiesersante wat omkoopgeld by ’n verdagte geëis het, is op borgtog vrygelaat.

Borgtog is Maandag aan Nomawonga Sifumba (41), Nomvuzo Liwela (39) en Sabelo Mbolekwa (43) in die landdroshof in Sterkspruit toegestaan nadat hulle van korrupsie aangekla is.

’n Interne tugproses teen hulle sal ook binnekort begin word, het brig. Tembinkosi Kinana, provinsiale polisiewoordvoerder, gesê.

Volgens Kinana word beweer dat die polisielede ’n lid van die publiek op 21 April vir die oortreding van die regulasies van die staat van inperking in hegtenis geneem het.

Die polisielede het na bewering R1 500 by sy baas in ruil vir sy vrylating ontvang. Die provinsiale teenkorrupsie-eenheid het hulle kort daarna in hegtenis geneem.

Die saak sal op 30 Julie weer voorkom.

Meer oor:  Port-Elizabeth  |  Polisie  |  Hof  |  Omkopery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.