Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
3 sit lewenslank ná moord op sakeman van Heilbron
Die winkel by Vyandsvlei waar die winkeleienaar en ’n rower mekaar op 3 Maart 2019 doodgeskiet het.Foto: Verskaf

Drie mans is Vrydag lewenslank tronk toe gestuur weens die moord in 2019 op Muhammed Foroze (31), ’n sakeman van Heilbron in die Vrystaat.

Hulle is nie net skuldig bevind op aanklagte van moord nie, maar ook van ontvoering en sakeroof.

Die aanklag hou verband met ’n rooftog by die Vyandsvlei-kontantwinkel tussen Heilbron en Sasolburg in Maart 2019. Foroze, eienaar van die winkel, en een van die aanvallers is doodgeskiet.

Die drie moordenaars, Thandolwenkosi Mayo (35), William Rakgoale (41) en Michael Bheku (61) is elkeen op die eerste aanklag van moord lewenslange tronkstraf opgelê, op die tweede aanklag van moord tot 18 jaar tronkstraf, op die aanklag van ontvoering 12 maande tronkstraf, op poging tot sakeroof sewe jaar en poging tot moord twee jaar.

Netwerk24 het vroeër berig dié rooftog oor die naweek van 3 Maart 2019 was die derde rooftog in net meer as twee jaar.

Volgens aanvanklike berigte het die winkeleienaar en een van die vermeende rowers op mekaar geskiet en albei is in die proses in die kop geskiet.

Netcare 911 se paramedici het in hul verklaring oor die voorval bevestig dat die twee mans albei op die toneel dood verklaar is.

Die ander drie mans het in ’n wit Volkswagen Polo gevlug.

In ’n verklaring sê brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, die motor en ’n vuurwapen wat verbind word met die rooftog, is geïdentifiseer.

Die vuurwapen is geregistreer in die naam van dieselfde persoon wat die motor besit.

Meer oor:  Moord  |  Heilbron
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.