Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
3 van Gqeberha gevonnis oor renosterhoring

Drie mans is in die streekhof in Gqeberha elk tot 15 maande tronkstraf of ’n boete van R75 000 gevonnis vir die diefstal van ’n renosterhoring.

Kapt. Yolisa Mgolodela, Valke-woordvoerder, sê in ’n verklaring Jonathan Jeremy Perring (37), Keanon Terblanche (28) en Christo Shaun Swartz (30) is skuldig bevind en gevonnis.

Volgens Mgolodela het die Valke Perring en Terblanche van Gelvandale in Februarie aangekeer.

Die ondersoekspan het inligting ontvang oor twee mense wat ’n renosterhoring met ’n straatwaarde van R500 000 wou koop. In die operasie is op die renosterhoring en twee voertuie beslag gelê, sê die woordvoerder.

Perring en Terblanche is daarna op borgtog van R10 000 elk vrygelaat.

Swartz is in Maart in hegtenis geneem nadat vasgestel is dat hy die renosterhoring by sy werkgewer gesteel en aan die ander twee mans verkoop het. Hy is toe ook op borgtog van R10 000 vrygelaat, sê Mgolodela.

Die drie mans is verlede Donderdag gevonnis.

Meer oor:  Renosterhoring  |  Hof  |  Gqeberha  |  Vonnis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.