Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
3 vas ná moord op Bfn se ‘pannekoek-tannie’
Anna Herbst (61), Bloemfontein se “pannekoek-tannie”, is Saterdagoggend in haar huis vermoor.

Op dieselfde dag wat die familie en vriende van Bloemfontein se “pannekoek-tannie” van haar afskeid neem, verskyn haar vermeende moordenaars in die hof.

Die drie mans, tussen 19 en 20 jaar oud, is Woensdagoggend, vyf dae ná die moord op Anna Herbst (61), in Bloemspruit in hegtenis geneem.

Sers. Ikobeng Hlubi, polisiewoordvoerder, sê hulle sal Donderdag op aanklag van moord in die plaaslike landdroshof verskyn.

Herbst, wat elke week van Donderdag tot Saterdag pannekoek by die D&J Vleis-slaghuis in Genl. De Wet verkoop het, is Saterdagoggend vroeg in haar huis in Martindale buite die stad vermoor.

Die vermeende moordenaars het glo haar pannekoek-geld uit haar motor gesteel en haar huis aan die brand gesteek.

Lede van die brandweer is om 06:45 deur ’n buurvrou ontbied en het Herbst se vasgebinde lyk op haar bed in haar slaapkamer gekry nadat hulle die vlamme geblus het.

Volgens Hlubi is Herbst weens haar brandwonde dood.

Die huis in Martindale, buite Bloemfontein, waarin Anna Herbst gewoon het. Herbst is Saterdagoggend dood in haar slaapkamer gekry.

Herbst se dogter, Anneke Rossouw (43), ’n akademiese beampte by die Instituut vir Grondwaterstudie by die Universiteit van die Vrystaat, het by navraag gesê hulle is bly en dankbaar dat iemand gevang is en dat geregtigheid sal geskied.

Volgens Rossouw word ’n troosdiens Donderdag om 11:00 uit die Klipkerk in Bloemfontein vir haar ma gehou waarna sy veras sal word.

Meer oor:  Anna Herbst  |  Bloemfontein  |  Pannekoek-Tannie  |  Misdaad  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.