Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
3 verdagtes in Zelda-saak weer in November hof toe

Die twee verdagtes wat verlede week in Kensington in Kaapstad in hegtenis geneem is in verband met die skietdood van die vrouemotorfietsryer Zelda van Niekerk, het vandeesweek in die hof verskyn.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die direkteur van openbare vervolging, het bevestig Elton Abrahams en Michael Pietersen het Maandag in die landdroshof in Kaapstad verskyn.

Zelda van NiekerkFoto: Facebook

Nou is daar drie beskuldigdes in dié saak, maar die eerste beskuldigde, Lucien Ackerman, staan net tereg op aanklagte van die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.

Die ander twee staan tereg op aanklagte van roof met verswarende omstandighede en moord op Van Niekerk.

Die 45-jarige Van Niekerk is op 28 September op die N1-snelweg oorkant Century City doodgeskiet. Sy het onder ’n brug gestop om vir ’n vriendin te wag wat petrol ingegooi het toe sy twee keer geskiet en vermoedelik met ’n mes gesteek is. Van Niekerk is daarna van haar bankkaarte, rybewys en selfoon beroof.

Ackerman is in hegtenis geneem nadat bankkaarte wat aan Van Niekerk behoort het en ’n rybewys in ’n asblik by sy huis gevind is toe die polisie op ’n wenk van die publiek gereageer het.

Die beskuldigdes sal almal saam op 23 November weer in die hof verskyn.

Meer oor:  Kaapstad  |  Moord  |  Hof  |  Zelda-Saak  |  Zelda Van Niekerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.