Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
3 voor ná moord op konstabel

Drie mans het Vrydag vlugtig in die landdroshof in Klerksdorp in verband met die moord op Armand Wagner, ’n jong plaaslike konstabel, verskyn.

Armand Wagner (23). Foto: Verskaf

Wagner (23) se lyk is Maandagaand langs ’n pad in Roosheuwel, Klerksdorp, met verskeie steekwonde aangetref.

Hy het sowat drie jaar vir die misdaadintelligensie-afdeling in Klerksdorp gewerk.

Die beskuldigdes, Leecon Mabika (26), Proud Phiri (36) en Sifiso Mcala (24), is Dinsdag in Alexandra in Johannesburg in verband met sy moord in hegtenis geneem. Hulle sal tot hul volgende hofverskyning op 15 Februarie in aanhouding bly.

Die polisie het intussen ook op Wagner se Volkswagen Polo beslag gelê, sê lt.kol. Adéle Myburgh, ’n polisiewoordvoerder.

Wagner was sy ma, Annelize Wagner (45), se enigste kind en hy het saam met haar en sy ouma, Liesbet Smith (70), in Leeudoringstad, Noordwes, gewoon.

Meer oor:  Hof  |  Konstabel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.