Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
3 wat glo onwettig jag se saak uitgestel

Drie mans van Tarkastad het Maandag hul tweede hofverskyning op aanklag van onwettige jag gemaak.

Nico Scheepers (20), Simphiwe Ntantiso (23) en Simon Spark (19) het Maandag vlugtig in die hof voorgekom.

Hulle word aangekla van die onwettige jag van diere op die plaas Eensaam in die Tarkastad-distrik.

Volgens kapt. Lariane Jonker, polisiewoordvoerder, het die polisie inligting van onwettige jagaktiwiteite ontvang en dit opgevolg.

Die drie is op 20 Februarie tydens ’n ondersoek in hegtenis geneem toe hulle met drie springbokke in hul besit betrap is.

Al drie is van onwettige jag aangekla, asook die besit van onwettige ammunisie.

Hulle is elkeen op R1 000 borgtog vrygelaat.

Jonker sê die saak is Maandag tot 25 Mei vir verdere ondersoek uitgestel.

Meer oor:  Hofsaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.