Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
3 zamas wat moor, swaar gevonnis

Ondersoekers na onwettige mynbedrywighede het tien jaar lank gewerk om bewyse in te samel teen ’n berugte Vrystaatse rampokker wat die afgelope week saam met nog twee mans lewenslank tronk toe gestuur is.

Eric David Dumisani Ndlovu (48) oftewel David One Eye, ’n gevreesde Goudveldse smokkelbaas, is saam met Lefoso Makena Mosia (27) en Molefi Michael Mahloane (56) in die rondgaande hooggeregshof in Virginia gevonnis vir die moord op Mahlomola Pin Mokoena (34). Hulle is in Julie skuldig bevind.

David “One Eye” Ndlovu

Die oorspronklike ondersoekbeampte in die saak is vroeër ook tronk toe gestuur weens meineed en regsverydeling.

Mokoena was ook ’n zama-zama en Ndlovu se handlanger. Ndlovu het hom in Julie 2017 tereggestel oor geld vir goud wat Mokoena hom glo geskuld het.

Luidens regter Abe Mathebula se uitspraak het Ndlovu vir Mokoena na die begraafplaas in Odendaalsrus naby Welkom gelok, waar hy doodgeskiet is.

Ndlovu se alibi vir die dag van die moord was dat hy by sy ma se huis na ’n regstreekse TV-uitsending van ’n krieketwedstryd (in ’n tuisreeks) tussen Suid-Afrika en Engeland gekyk het voordat hy huis toe is, waar hy volgens hom vir sy familie gekook en skottelgoed gewas voordat hy gaan slaap het. Die hof het uitgewys die Protea-krieketspan was dié dag op ’n oorsese toer. Die hof het ook Mosia en Mahloane se alibi’s verwerp.

’n Lid van die ondersoekspan, ’n deskundige oor goudsindikate, het in die hof getuig, maar word weens die sensitiewe aard van sy werk nie geïdentifiseer nie. Hy het getuig dat Ndlovu nie skroom om sy teenstanders – ander sindikaatleiers – van kant te maak nie.

Hy het Ndlovu in die hof as die “skrikwekkendste goudsindikaatleier in die Goudveld” beskryf. Ndlovu het gedreig om dié man te laat vermoor en selfs ’n losprys van R1 miljoen op sy lewe uitgeloof.

Hoewel Ndlovu nou eers aan moord skuldig bevind is, is talle polisielede, informante en veiligheidswagte oortuig dat hy voorheen al gemoor het.

Meer oor:  Moord  |  Lewenslank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.