Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
33 in hof oor gewelddadige betogings in Plet

Altesame 33 mense wat in verband met die gewelddadige betogings verlede week in Plettenbergbaai in die Suid-Kaap in hegtenis geneem is, het Maandag in drie verskillende sake in die plaaslike landdroshof verskyn.

Sewe van die beskuldigdes, wat op aanklagte van openbare geweld en huisbraak teregstaan, sal tot hul volgende verskyning op 2 Augustus in aanhouding bly wanneer hulle formeel om borgtog aansoek sal doen, sê sers. Chris Spies, ’n polisiewoordvoerder, in ’n verklaring.

Altesaam 19 ander wat op aanklagte van openbare geweld teregstaan, is reeds op borgtog van R1 000 elk vrygelaat. Hulle sal weer op 24 Julie verskyn.

Nog sewe, wat in Kwanokuthula op aanklagte van huisbraak en diefstal in hegtenis geneem is, is op waarskuwing vrygelaat en sal weer op 14 Augustus in die landdroshof in Plettenbergbaai verskyn.

Die polisie het vroeër aangedui dat 81 mense aanvanklik gedurende die oproer in hegtenis geneem is. Baie van die verdagtes is vrygelaat weens ’n gebrek aan getuienis in dié stadium, maar kan weer later in hegtenis geneem word.

Volgens Spies hou die onlustepolisie steeds ’n wakende oog in die gebied. Die eenheid sal in die gebied bly totdat die situasie gestabiliseer het.

*Die protesoptrede het verlede week Dinsdag in die omgewing van die N2 in Plettenbergbaai uitgebreek. Die pad is Saterdag weer vir verkeer oopgestel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.