Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
4 gaan lewenslank sit vir moord op mynbestuurder

Die vier mans wat in September skuldig bevind is aan die sluipmoord op ’n mynbestuurder van Odendaalsrus is lewenslange gevangenisstraf opgelê.

Simphiwe Kubheka (36), ’n streekbestuurder van Harmony Gold, is op 28 September 2017 buite Odendaalsrus by ’n spoedhobbel in die myngebied ingewag en in sy motor doodgeskiet.

Simphiwe Kubheka (36) se moordenaars is lewenslank tronk toe gestuur.

Regter Celeste Reynders het Tota Mohlabane (26), Pitso Mokeki (29), en twee Lesotho-burgers, Thabeso Khoase (36) en Motlalepule Ramakoane (36), Donderdag lewenslange tronkstraf vir moord opgelê.

Mohlabane en Mokeki is ook skuldig bevind aan oortredings van die Vuurwapenwet en elk tot twee jaar tronkstraf gevonnis.

Khoase, wat vir Harmony Gold as ’n klipboor-operateur gewerk het, word as die baasbrein van die sluipmoord beskou. Hy het ná die moord na Lesotho gevlug, maar die owerhede het hom aan Suid-Afrika uitgelewer.

Kefewu Serobanyane (21), wat onskuldig bevind is op die moordklag, is ook twee jaar tronkstraf vir oortredings van die Vuurwapenwet opgelê.

Elsemon Thethe Lelohonolo (25) is reeds verlede jaar ingevolge ’n pleitooreenkoms tot 21 jaar tronkstraf gevonnis, en het erken dat hy die sneller getrek en Kubheka doodgeskiet het.

Nyasha Nyamunda (22) is tot vier jaar tronkstraf gevonnis vir die ontvoering en afdreiging van Agnes Ditsoane, ’n mynwerker. Nyamunda het Ditsoane twee dae voor Kubheka se moord ontvoer en opdrag gegee om ’n boodskap aan die mynbestuur oor te dra dat hulle moet ophou om zama-zamas te vervolg.

Die staat het in die verhoor aangevoer dat Kubheka se harde werk en toewyding om onwettige mynbou in die Phakisa- en Tshepong-myn by Odendaalsrus te bekamp tot sy dood gelei het.

Adv. Johan de Nyschen het aangekla.

Die verhoor het in die rondgaande hof in Virginia plaasgevind, maar die mans is in Kroonstad se rondgaande hof gevonnis.

Meer oor:  Hof  |  Sluipmoord  |  Lewenslange Tronkstraf  |  Mynbestuurder
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.