Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
4 in hof ná moord op swanger vrou
Sadiqah Newman (26) is Donderdagaand doodgeskiet.Foto: Facebook

Vier verdagtes het Maandag in die landdroshof in Athlone verskyn weens die moord op ’n swanger vrou van Manenberg op die Kaapse Vlakte.

Sadiqah Newman (26) was glo Donderdagaand saam met haar 29-jarige vriend op pad om elektrisiteit te gaan koop toe op hulle geskiet is, sê kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder.

Volgens Van Wyk is die vriend in die been gewond en het Newman etlike skietwonde opgedoen.

Sy was agt maande swanger. Sy het ook twee minderjarige kinders.

Raymondo Swartz, Danheiro van Rooyen, ’n derde man net bekend as Grant, en Phuthuma Mntunjani, ’n vrou, het Maandag in die hof verskyn in verband met die voorval.

Hulle is glo lede van die Dixie Boys-bende.

Die saak is tot volgende Maandag uitgestel. Hulle sal dan om borgtog kan aansoek doen.

Die polisie het Donderdagaand ná die skietery inligting opgevolg en die vier is toe in hegtenis geneem.

Die polisie se bende-eenheid het ná die skietery die verdagtes in Thambo Village in Manenberg gaan soek, sê Van Wyk.

Die polisie het op ’n vuurwapen beslag gelê. Ballistiese toetse sal bepaal of dit in die skietery gebruik is of nie.

Newman se familie kon nie dadelik vir kommentaar bereik word nie.

Die vuurwapen waarop die polisie beslag gelê het ná die skietvoorval.Foto: Verskaf
Meer oor:  Athlone  |  Doodgeskiet  |  Swanger Vrou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.