Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
4 vas ná rooftog by huis in Bfn

Vier verdagtes verskyn binnekort in die landdroshof in Bloemfontein nadat ’n groep huisrowers ’n jong man vandeesweek in sy ouerhuis in Fauna, Bloemfontein, oorval en beroof het.

Die mans, tussen die ouderdomme van 22 en 28 jaar, sal Maandag op aanklagte van huisroof en die besit van vermoedelik gesteelde goedere in die hof verskyn.

Die rooftog het Woensdagoggend omstreeks 11:30 plaasgevind terwyl die 22-jarige man alleen by die huis in Koedoeweg, Fauna, was. Sy ouers was by die werk.

Lt.kol. Thabo Covane, polisiewoordvoerder, sê twee mans het die jong man eerste aangeval, waarna nog vyf mans by hulle aangesluit het. Die aanvallers het die jong man se hande en voete vasgebind en verskeie artikels gebuit voordat hulle gevlug het.

Volgens Covane het die vasgebinde slagoffer uitgekruip tot in die erf waar hy die bure om hulp gevra het om sy ma en die polisie te bel.

Hy is daarna hospitaal toe geneem.

Polisielede, insluitende lede van die 10111-sentrum en die blitspatrollie, het vinnig gereageer en met behulp van goeie beskrywings van die rowers het hulle vinnig drie mans in Kerkstraat gewaar.

Die polisie het die verdagtes agternagesit en twee van hulle in hegtenis geneem, maar een verdagte het weggekom.

Die polisie het swart skoene en silwer-en-goue stewels by die mans gevind.

Versterking is ingeroep en lede van die K9-eenheid het ook na die man wat weggekom het, begin soek. Die polisie het nog twee mans by die suidelike stortingsterrein in die stad in hegtenis geneem en twee skootrekenaars, ’n tabletrekenaar, ’n kamera, geheuestokkies en duur sportskoene is teruggevind.

Die artikels is terug na die huis geneem waar dit positief geïdentifiseer is. Die enigste artikel wat nog nie teruggevind is nie, is ’n TV-stel.

Brig. Maehla Mahloko Lento, bevelvoerder van die Parkweg-polisiekantoor, sê ’n groot bekommernis is die groot aantal jeugdiges in die stad wat nie in die skool is nie of wat werkloos is.

Die ander probleem is die geveg tussen die Maroma- en die BTK-bende wat oor grondgebied baklei.

“Die polisie belowe om hard te werk om enige vorm van misdaad in die gebied te bekamp,” sê Lento.

Meer oor:  Verdagtes  |  Hofverskyning  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.