Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
4 in hof wat polisiebeampte glo vermoor

Die vier vermeende moordenaars van ’n polisiebeampte en ’n ander man van Phuthaditjhaba in die Oos-Vrystaat bly vir eers in aanhouding nadat hulle verhoor Maandag uitgestel is.

Setoro Koenehelo (33), Rasunyane Pule Enoch (27), Ralejoe Patrick Tumelo (27) en Teboho Mokoena (24) het vlugtig in die landdroshof in Phuthaditjhaba verskyn vir die moord en ontvoering van sers. Koos Mokoena (44) en nog ’n man, wat net as Andile geïdentifiseer is.

Hulle verhoor is tot Maandag uitgestel wanneer hulle waarskynlik om borgtog sal aansoek doen.

Ao. Lynda Steyn, woordvoerder van die Valke in die Vrystaat, sê die mans is Donderdag in ’n gesamentlike operasie tussen die Valke se ondersoekeenheid vir ernstige georganiseerde misdaad, die polisie se misdaadintelligensie-eenheid en die taktiese reaksie-eenheid in Phuthaditjhaba in hegtenis geneem.

Dit kom nadat die beskuldigdes na bewering Mokoena, wat verbonde was aan die Oos-Vrystaatse misdaadintelligensie-eenheid, op 2 Augustus in Phuthaditjhaba ontvoer het.

Hulle het hom van sy werksbakkie, selfoon en skootrekenaar beroof.

Volgens Steyn het beamptes inligting opgevolg en op Mokoena en Andile se lyke naby die Basotho Cultural Village in Phuthaditjhaba afgekom. Albei is vermoedelik geskiet.

Steyn kon egter nie Dinsdag sê wat die motief vir die moorde is nie en of die twee slagoffers met mekaar verbind word nie.

Die omstandighede rondom die voorval is nog ’n raaisel en beamptes probeer vasstel of die mans saam ontvoer en vermoor is.

Die bakkie is dieselfde dag in Lesotho opgespoor, waarna die beamptes nog inligting opgevolg het wat hulle na die verdagtes gelei het.

Meer oor:  Phuthaditjhaba  |  Oos-Vrystaat  |  Hof  |  Hofverskyning  |  Polisiebeampte  |  Moordverhoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.