Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
4 konstabels in hof ná man in sel sterf

Vier polisiekonstabels het Maandag op klagte van moord, poging tot moord en aanranding in die landdroshof in Randburg, Johannesburg, verskyn.

Hulle is verlede Vrydag in hegtenis geneem ná die dood van ’n 39-jarige man wat in aanhouding in die Honeydew-polisiekantoor se selle was.

“ ’n Ander man van 36 jaar oud is dieselfde dag ook na bewering deur die konstabels aangerand,” het Sontaga Seisa, woordvoerder by die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat, Maandag aan Netwerk24 gesê.

“Die twee aanrandings het na bewering op Sondag 20 Oktober gebeur toe die konstabels die mans glo in ’n aanhoudingsel by die Honeydew-polisiekantoor geskop en geslaan het. Ná die aanranding is hulle vort en die 36-jarige man het die polisie se aandag probeer trek omdat die 39-jarige man swaar begin asemhaal het.

“Sy geroep het egter op dooie ore geval. Die 39-jarige man is wel later uit die sel gehaal en na die Randburgse polisiekantoor geneem vir aanhouding. Die polisie het die volgende dag op sy lyk in die sel afgekom nadat die man se familie daarop aangedring het om hom te sien.

“Dit het tot die inhegtenisneming van die vier konstabels gelei.

“Die vier polisielede bly in aanhouding en sal Woensdag in die landdroshof in Roodepoort verskyn, waar die saak voortaan aangehoor sal word,” het Seisa gesê.

Meer oor:  Randburg  |  Johannesburg  |  Moord  |  Poging Tot Moord  |  Hof  |  Aanranding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.