Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
4 op borgtog ná betogings in Saldanhabaai
Die WBHO-kantore wat Woensdag aan die brand gesteek is. Foto: Verskaf

Drie van die vier mans wat Donderdag in verband met Woensdag se gewelddadige betogings op ’n bouperseel van die konstruksiemaatskappy WBHO in Saldanhabaai in hegtenis geneem is, is Vrydag op borgtog vrygelaat.

Die vierde verdagte is reeds Donderdag vrygelaat.

Tien voertuie is uitgebrand en nog 15 beskadig, terwyl tydelike kantore ook aan die brand gesteek is.

Meer as 1 000 werkers het Woensdag opgeruk en amok op die bouperseel gemaak.

Werkers beweer dat WBHO, wat ’n kommersiële ruolie-terminus ter waarde van miljarde rande in Saldanhabaai bou, hulle afdank en werkers van Gauteng af bring om hulle te vervang.

Die landdroshof in Saldanhabaai het die mans Vrydag op R10 000 se borgtog vrygelaat en beveel om weer 12 April in die hof te verskyn.

Kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het vroeër gesê dat die mans op aanklagte van openbare geweld tereg sal staan.

Een van die beskuldigdes, Ashraf Schutte, ’n bekende sakeman in die gebied, wat meer as ’n jaar gelede as ’n subkontrakteur vir WBHO gewerk het, het ná die hofverrigtinge gesê hy het geen benul waarom hy in die eerste plek aangekeer is nie.

“Ek is onskuldig. Ek weet niks van die hele gedoente af nie,” het hy gesê.

Van die voertuie wat uitgebrand is .Foto: Verskaf

Schutte se woordvoerder, Sammy Claassen, het gesê dat Saldanhabaai en breër Weskus se gemeenskap 100% agter Schutte staan.

“Hy is een van die suksesvolste jong entrepreneurs in die streek en is verlede jaar as die jong sakeman van die jaar aangewys.

“Ons doen ’n beroep op WBHO om om ’n tafel te sit met swart besighede en nie die polisie te gebruik in ’n vendetta om ou gevegte te pak nie.”

Claassen beweer WBHO is die enigste maatskappy in die Weskus wat nie geleenthede aan jong swart ondernemings gee nie.

Hy sê swart ondernemings in die Weskus sal hul veldtog voortsit om groot maatskappye te dwing om plaaslike ondernemings die geleenthede te gee wat plaaslike werkers, pleks van inkomelinge, ondersteun.

Netwerk24 het WBHO om kommentaar genader.

Meer oor:  Wbho  |  Saldanhabaai  |  Borgtog  |  Betogings  |  Gewelddadige Betogings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.