Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
4 sit saam 90 jaar ná renoster-stropery

Vier mans is altesame 90 jaar tronkstraf opgelê nadat hulle ’n renoster gestroop het en onder meer twee renosterhorings in hul besit gevind is.

Volgens ’n polisieverklaring het Johannes Mthopa, Monda Ndlovu, Patrick Khoza en Samuel Masive op 29 Maart 2017 ’n renoster in die Madikwe-wildreservaat doodgemaak.

Toe die polisie daar aankom, het hulle hul voertuig net daar gelaat en weggehardloop. Die voertuig is deursoek en daar is afgekom op ’n geweer, messe en twee renosterhorings.

Na ’n ondersoek is die mans op 4 April 2017 naby Soshanguve in hegtenis geneem. Mthopa is vandeesweek in die landdroshof in Zeerust tot tien jaar tronkstraf gevonnis, Ndlovu tot 20 jaar, en Khoza en Masive tot 30 jaar elk.

Meer oor:  Renosters  |  Renosterstropers  |  Tronkstraf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.