Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
4 van onderwêreld soek borg

Jason Dominguez-Baya, voormalige lyfwag van die omstrede Tsjeggiese misdadiger Radovan Krejcir en nog twee verdagtes sal Maandag amptelik vir ’n reeks beweerde misdade om borgtog aansoek doen.

Radovan Krejcir.Foto: Argief

Die Valke het Donderdag Dominguez-Baya en sy vrou, Faith-Allen Doggette, asook Glen Kruger in hegtenis geneem.

Hulle het Vrydag in die landdroshof in Randburg verskyn.

Die vierde verdagte, Vishalin Dookie, het reeds Donderdag vlugtig in die hof verskyn nadat hy Woensdagaand vasgetrek is. Hy sal op 24 Mei weer in die hof verskyn, wanneer hy om borgtog sal aansoek doen.

Kapt. Lloyd Ramovha, Valke-woordvoerder, sê in ’n verklaring die groep word met ’n reeks misdrywe, waaronder rampokkery, geldwassery, dwelmhandel, die besit van steroïede, die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie en ontvoering verbind.

Die groep, tussen die ouderdomme van 29 en 44 jaar, is in Bryanston en Jukskeipark in Johannesburg in hegtenis geneem. Die Valke het ’n verskeidenheid dwelms en toerusting wat vir misdaad gebruik kan word gekonfiskeer.

Bheki Cele, minister van polisie, het Dinsdag in sy begrotingsrede die polisie aangemoedig om dwelmhandel en die vervaardiging van dwelms as ’n prioriteit te beskou, omdat dit misdaad teen vroue en kinders aanwakker.

Meer oor:  Krejcir  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.