Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
'Ontvoer'-juffrou in hof met nuwe haarkleur

Die vier mense wat daarvan beskuldig word dat hulle in September verlede jaar by die ontvoering van ’n sesjarige meisie betrokke was, sal in die hooggeregshof op aanklagte van sameswering tot ontvoering, ontvoering en poging tot afpersing teregstaan.

Die akte van beskuldiging is Donderdag in die landdroshof in Vanderbijlpark op Tharina Human, Laetitia Nel, Pieter van Zyl en Bafokeng Molemohi beteken.

Die saak is tot Februarie uitgestel vir ’n verhoordatum waarna dit na die hooggeregshof oorgeplaas sal word.

Tharina Human, Laetitia Nel, Pieter van Zyl en Bafokeng Molemohi in die landdroshof in Vanderbijlpark.Foto: Dennis Delport

Die beskuldigdes is verlede jaar vasgetrek nadat die meisie voor ’n skool in Vanderbijlpark, waar Human ’n gr. RR-onderwyseres was, uit haar ma se hande gegryp en in ’n wit Fortuner gelaai is.

Sy is die volgende oggend gevind.

* Meer volg later.

* Die kind mag kragtens nuwe wetgewing nie geïdentifiseer word nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.