Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
48 van Gansbaai Maandag in hof in Plet oor perlemoen

Altesame 48 vermeende perlemoenstropers van Gansbaai verskyn Maandag in die landdroshof op Plettenbergbaai nadat hulle met perlemoen in hul besit betrap is.

Hulle is Donderdag by die Keurboomsrivier naby Plettenbergbaai vasgetrek. Al 48 word ingevolge die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne van 1998 aangekla van die onwettige besit van perlemoen, volgens ’n polisieverklaring.

Die inhegtenisnemings is deel van die polisie se geïntegreerde benadering om die onwettige handel van perlemoen in die Wes-Kaap stop te sit en smokkelsindikate lam te lê. Sanparke, die polisie en ander entiteite werk saam aan die projek.

Die vermeende perlemoenstropers wat Donderdag aan die westelike kant van die Tuinroete Nasionale Park tussen die Keurboomsrivier naby Plettenbergbaai en Soutrivier in die Tsitsikamma vasgetrek is.
Beslag is gelê op meer as 142 kg perlemoen.

Volgens die polisie het oplettende veldwagters van die Tuinroete Nasionale Park en lede van die polisie se seegrenseenheid van Mosselbaai Donderdag die vermeende stropers by die kus naby die Keurboomsrivier opgemerk.

Hulle het die groep, wat duiktoerusting en sakke by hulle gehad het, genader. Die sakke is deurgesoek en daar is afgekom op 142 kg perlemoen.

Die 48 verdagtes is in hegtenis geneem. Daar is beslag gelê op die duiktoerusting en die perlemoen. Die verdagtes is tussen 22 en 55 jaar oud en is almal van Gansbaai. Hulle het skynbaar toegang tot die park gekry vanaf ’n private eiendom.

Die ondersoek duur voort.

Die Wes-Kaapse polisiebestuur het almal lof toegeswaai vir hul flink optrede om die verdagtes in hegtenis te neem.

Die beskerming van lewende, mariene hulpbronne is belangrik, veral vir die ekonomie en die onwettige oes van die hulpbronne dra hoofsaaklik by tot ander winsgewende misdade, volgens die polisie.

Meer oor:  Plettenbergbaai  |  Perlemoen  |  Perlemoenstropers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.