Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
5 in hof ná man glo voor kind geskiet word

Vyf mans het Maandag op aanklag van moord in die landdroshof in Goodwood verskyn nadat ’n man van Thornton, buite Kaapstad, noodlottig gewond is.

Riyaas Lewis (41) is op 5 April volgens die polisie voor sy kind geskiet en is later in die Tygerberg-hospitaal dood.

Xolisa Mnapu (25), Siviwe Manqiwa (24), Athenkosi Dlutu (25), Nathu Innocent Bunu (27) en Siza Mkhohli (24) is ná drie dae in Khayelitsha in hegtenis geneem.

Die beskuldigdes het na bewering in ’n huurmotor met vervalste nommerplate van die toneel af gevlug. Dit is later met die hulp van die verhuringsmaatskappy geïdentifiseer en die silwerkleurige Yaris is in Khayelitsha opgespoor.

Polisiebeamptes het die voertuig opgemerk en voorgekeer, waarna drie mans in verband met die moord in hegtenis geneem is. Een van hulle is ook op ’n klag van die besit van dwelms aangekeer, het die polisie gesê. Twee medepligtiges is ook hierna in hegtenis geneem.

Intussen het die polisie bevestig dat die voertuig in twee ander rooftogte, een in Grassy Park en een in Somerset-Wes, gebruik is en dat nog klagte bygevoeg kan word.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, het bevestig die saak is vir verdere ondersoek tot 19 April uitgestel.

Die beskuldigdes se persoonlike inligting moet ook ondersoek en bevestig word voordat hulle ’n aansoek om borgtog kan indien.

Hulle bly in aanhouding.

Meer oor:  Riyaas Lewis  |  Kaapstad  |  Thornton  |  Man Geskiet  |  Sterf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.