Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
KYK: 5 in hof oor moord op gewese Bafana-kaptein

Vyf beskuldigdes wat in die landdroshof in Boksburg aan die Oos-Rand in verband met die moord op Senzo Meyiwa, oud-Bafana Bafana-kaptein, tereg sal staan, het omstreeks 09:30 by die hof opgedaag.

Meyiwa is op 26 Oktober 2014 in ’n rooftog in ’n huis in Vosloorus aan doodgeskiet.

Daar was Dinsdagoggend ’n swaar polisieteenwoordigheid buite die landdroshof in Boksburg in Johannesburg. Foto: Dennis Delport

Die minister van polisie, Bheki Cele, het Maandag die verdagtes se inhegtenisneming in onderskeidelik KwaZulu-Natal en Gauteng in verband met die moord bekend gemaak. Een van hulle het vermoedelik die sneller getrek en Meyiwa doodgeskiet.

Die beskuldigdes het Dinsdagoggend onder swaar polisieteenwoordigheid by die landdroshof opgedaag, terwyl ’n groep van Meyiwa se aanhangers buite die hof betoog het.

Betogers kyk hoe die verdagtes na die Boksburg-landdroshof gebring word. Foto: Dennis Delport

Dié groep aanhangers het buite die hof gesing en dans voordat die beskuldigdes na die hof gebring is.

Weens die Covid-19-regulasies sal net ’n beperkte getal mense in die hofsaal toegelaat word. Die media is gevra om die hofsaal weens die regulasies te verlaat.

Volg Netwerk24 vir meer hieroor. 

Meer oor:  Bafana Bafana  |  Senzo Meyiwa  |  Johannesburg  |  Boksburg  |  Moord  |  Hof  |  Dood  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.