Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
5de verdagte ná moord op veiligheidswag aangekeer
Rodrick Erasmus
Rodrick Erasmus Foto: Facebook

Op dieselfde dag dat ’n 23-jarige man vir die besit van dwelms in die hof verskyn het, is hy ook met die moord op ’n veiligheidswag van Port Elizabeth verbind.

Dié man is Vrydag by die landdroshof in die stad as ’n verdagte in die moord op Rodrick Erasmus (49) geïdentifiseer.

Hy is kort ná sy hofverskyning op aanklagte van moord, sakeroof en kaping in hegtenis geneem.

Erasmus het as ’n veiligheidswag vir Nitrous Security in Port Elizabeth se Groenbossies-gebied gewerk. Hy is die aand van 27 Desember doodgeskiet terwyl hy op ’n sakerooftog gereageer het.

Hy het ’n groep rowers by die betrokke winkel aangetref en op hulle geskiet. Een rower is raakgeskiet.

Die rowers het teruggeskiet en Erasmus is noodlottig gewond.

Verskeie goedere is uit die winkel gesteel, asook Erasmus se dienspistool, voordat die mans in een van die klante in die winkel se Nissan-bakkie en hul Ford-motor weggejaag het.

Albei voertuie is later die aand naby die toneel aangetref.

Die man is die vyfde verdagte wat ná die rooftog en Erasmus se skietdood aangekeer is. Hy sal na verwagting Maandagmiddag vir die roof en moordsaak in die hof verskyn.

Die ander verdagtes, wat onderskeidelik op 1 en 6 Januarie aangekeer is, Unathi Adam, Sanele Blaauw, Mandilakhe Mjungulu en Luxolo Peni, het Vrydag in die landdroshof verskyn.

Die saak teen Blaauw is tot 26 Februarie uitgestel, terwyl die res weer op 16 Januarie in die hof sal verskyn.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het Maandagoggend gesê die polisie soek na nog verdagtes.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.