Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
6 wat Vredefort-plaas wou aanval, bly in tronk

Die ses mans wat Pieter (61) en Erna (60) Rademan van Vredefort in Januarie op hul plaas wou aanval, het drie handwapens en ’n speelgoedgeweer in hul besit gehad.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder in die Vrystaat, sê die mans is borgtog geweier en bly in aanhouding.

Makhele sê hulle sal weer op 6 Maart op Vredefort in die hof verskyn wanneer ’n datum vir hul verskyning in die streekhof bekend gemaak sal word.

Herman van Wyk, voorsitter van die Vredefortkoepel-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), sê die GPF het ’n eek voordat die mans in hegtenis geneem is inligting gekry dat ’n bende beplan om die egpaar op hul plaas, Goedgedacht, aan te val en te beroof.

LEES OOK: Plaasaanvallers ‘het lelike planne gehad’

Van Wyk sê die Rademans, die polisie en plaaslike boere was op hul hoede en op Sondag 18 Januarie is ’n verdagte rooi Volkswagen Polo en ’n wit Toyota-bakkie met GP-nommerplate in die omgewing opgemerk.

Die GPF het sy aksieplan saam met die polisie geaktiveer, en die egpaar is oor die dreigende gevaar ingelig.

’n Padversperring is by die Rademans se plaasingang opgestel en die vermeende aanvallers is hier ingewag en in hegtenis geneem.

Talle polisie-eenhede het saam met boere gehelp om die aanval te voorkom.

Makhele sê drie pistole, ’n 7.65-Norinco, ’n 9 mm-Star en ’n M1911-pistool, is saam met ’n speelgoedpistool by die mans gevind.

Die ses mans is Thabang Kwetemtheme (33), Khanyile Hluthiy (33), Justice Gxotiswa (37), Sibuleli Nyokama (50), Bongani Hyoni (25) en Malixole Nompetsheni (39). Hulle word aangekla van die besit van ongelisensieerde vuurwapens en poging tot sakeroof.


Meer oor:  Herman Van Wyk  |  Vredefort  |  Aanval  |  Plaas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.