Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
7 wat glo met mense handel, ook oor arbeidswette aangekla

Die sewe Chinese burgers – vier mans en drie vroue – wat in 2019 in hegtenis geneem is weens beweerde mensehandel, skuld die departement van indiensneming en arbeid meer as R7 miljoen.

Dit spruit uit beweerde oortredings van arbeidswetgewing.

In ’n borgtogverhoor Woensdag in die landdroshof in Johannesburg het adv. Michael Msiza, provinsiale hoofinspekteur van die departement, aan die hof gesê die departement wil nog strafregtelike klagte weens die oortreding van arbeidswette teen die verdagtes indien.

Die sewe verdagtes – Kevin Tsao, Chen Hui, Qin Li, Jiaqing Zhou, Ma Biao, Dai Junying en Zhang Zhilian – is in November verlede jaar op ’n klag van mensehandel in onwettige immigrante in hegtenis geneem.

Die staat beweer hulle het mense gedwing om in die fabriek te werk.

Hulle het die fabriek Beautiful City in Village Deep, Johannesburg, bestuur.

Die staat beweer hulle het mense gedwing om in die fabriek te werk.

Toe die owerhede verlede jaar hier toeslaan, het hulle glo 91 Malawiërs, waaronder 37 kinders, in die fabriek gevind.

Die staat beweer dat die verdagtes deur ’n middelman, bekend as “The Transporter”, na Suid-Afrika gebring is. Die middelman is steeds soek.

In ’n beëdigde verklaring wat die polisie en die Valke by die hof ingedien het, sê hulle hulle wil die verdagtes van bylae ses-misdade aankla. Dit wissel van mensehandel, skuldknegskap, ontvoering, tot die rig van ’n vuurwapen. Die departement wil nog vier aanklagte byvoeg wat met die oortreding van arbeidswette verband hou.

Msiza het aan die hof gesê die feit dat die Malawiërs “onwettig in die land was”, stel nie die aangeklaagdes vry van voldoening aan die arbeidswette nie.

Die saak is tot 12 Februarie uitgestel en die verdagtes bly in polisieaanhouding.

Meer oor:  Aanhouding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.