Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
85-jarige in hof oor plaasgrond

’n Bejaarde man het Vrydagoggend in die landdroshof op Ntuzuma in KwaZulu-Natal verskyn op aanklag dat hy plaasgrond in die Inanda-gebied onwettig verkoop het.

Khekhe Edward Ngcobo (85) is op waarskuwing vrygelaat op voorwaarde dat hy nie in verbinding sal tree met die plaaseienaars of op hul grond kom nie.

Brig. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie in KwaZulu-Natal, sê die saak teen Ngcobo is tot 22 Januarie aanstaande jaar uitgestel.

Hy sê Ngcobo is Donderdag deur ’n provinsiale taakspan van die polisie en lede van gespesialiseerde eenhede van Pietermaritzburg en Durban in hegtenis geneem ná ondersoeke na die onwettige verkoop van plaasgrond.

Hy en sy medewerkers wat by die ondersoek betrek word, word verbind met 19 sake wat insluit diefstal, oortreding, opsetlike saakbeskadiging van eiendom, intimidasie en bedrog.

Die ondersoeke het gevolg op klagte wat plaaseienaars in die gebied in 2017 en 2018 ingedien het. Ná klagtes dat daar niks gebeur het nie, het dit onder die aandag van die waarnemende provinsiale kommissaris gekom en die saak is aan die provinsiale taakspan oorhandig.

Ná ’n uitgerekte ondersoek waarby die kantoor van die adjunkdirekteur van openbare vervolging in KwaZulu-Natal betrek is, is die verdagte in ’n lokval gelei. Hy het glo private grond vir R20 000 aan agente van die polisie probeer verkoop.

Sy medepligtiges het gevlug toe hulle hoor van inhegtenisnemings in die Mzinyathi-gebied in Inanda. Die polisie soek nog na twee verdagtes.

Naicker het ’n beroep gedoen op die ander verdagtes om hulself aan die polisie te oorhandig.

Mense met inligting wat kan help met die ondersoek word gevra om vir 082 6627 764 te skakel.

Meer oor:  Kwazulu-Natal  |  Verkoop
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.