Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
9 in hof oor moord op Kathrada-familielede

Nege verdagtes het Donderdagoggend in die landdroshof in Schweizer-Reneke in Noordwes verskyn in verband met die moord op twee familielede van die ANC-vryheidsvegter wyle Ahmed Kathrada.

Lt.kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes, sê Xolani Andrew Sotshantsha (25), Mogomotsi Moruwa (31), Abiya Jeffrey Phakoane (60), Adam Mohale (31), Sello Bamphitile (29), Godfrey Thabiso Cuna (46), Kgotso Moeletsi (29), Thato Levetti (26) en ’n 16-jarige seun bly in aanhouding tot hul volgende hofverskyning op 14 November. Die 16-jarige is in ’n aanhoudingsplek vir jeugdiges.

Die nege word daarvan verdink dat hulle Ahmed Kathrada (28) en sy pa, Yunus Kathrada (65), verlede Donderdagaand (1 November) in ’n ’n rooftog by hul huis in Schweizer-Reneke doodgeskiet het. Die verdagtes staan elk tereg op twee aanklagte van moord en een van poging tot roof. Die ANC-vryheidsvegter Ahmed is Yunus se oom.

Volgens Myburgh is Ahmed jr. die aand van die rooftog deur twee mense oorval toe hy ’n hek en veiligheidsdeur van die huis oopgemaak het. Hy is in die borskas geskiet. Sy ma, wat in die huis was, het die geraas gehoor en Yunus, haar man, geroep om te gaan help. Toe hy die deur oopmaak, is hy ook geskiet. Dit was glo ’n kopskoot en hy is op die toneel dood. Ahmed is met sy aankoms by ’n plaaslike hospitaal dood. Die verdagtes het gevlug sonder om enigiets te steel.

Die polisie het beslag gelê op ’n vuurwapen en twee voertuie toe die verdagtes enkele dae ná die moorde in hegtenis geneem is. Die wapens en voertuie is vermoedelik in die rooftog gebruik.

Meer oor:  Ahmed Kathrada  |  Schweizer-Reneke  |  Hof  |  Moordsaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.