Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
9 vas oor spoed op ‘pad van dood’

Nege mense is die afgelope twee dae weens spoedoortredings in hegtenis geneem op die sogenaamde “pad van die dood” op die N1 tussen Touwsrivier, Laingsburg en Beaufort-Wes.

Kenny Africa, provinsiale verkeershoof, het bevestig nege mans, tussen die ouderdom van 27 en 47, word in Laingsburg en Beaufort-Wes aangehou en sal in die hof verskyn op aanklagte wat verband hou met roekelose en nalatige bestuur.


Volgens Africa is ’n taxibestuurder ook vroeg Vrydagoggend in hegtenis geneem nadat hy glo probeer het om ’n provinsiale verkeersbeampte met R200 om te koop.

Op Kersdag is drie motoriste in Beaufort-Wes in hegtenis geneem in verband met spoedoortredings op die N1 en nog ’n bestuurder is tussen Touwsrivier en Laingsburg voorgekeer.

https://www.netwerk24.com/Nuus/Hof/vermeende-spoedvrate-agter-tralies-20191226


Op Oukersdag is ’n vragmotorbestuurder dood op die N1 tussen die Hugenote-tonnel en Rawsonville nadat hy glo beheer oor die voertuig verloor en die vragmotor omgeslaan het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.