Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
‘Dissosiasie maak mens onvoorspelbaar’
Retief Liebenberg

Toe Retief Liebenberg sy wapen op die yskas gaan haal het, het hy uit selfverdediging opgetree.

Maar die oomblik toe hy deur Poena en Dewald Visser aangerand is terwyl hy op sy hurke was, het die selfverdediging opgehou en dissosiasie ingetree.

Liebenberg was nie bewus van sy optrede nie, het adv. Lau­rence Hodes SC Vrydag namens Liebenberg in sy finale argumente in die hof gesê.

Liebenberg se verweer van selfverdediging, wat doelbewuste optrede behels, het oorgegaan in ’n verweer van dissosiasie.

Op die punt van dissosiasie kon Liebenberg nie tussen reg en verkeerd onderskei nie. Sy optrede was toe onvoorspelbaar, het Hodes gesê.

Regter Mahomed Ismail het gesê Hodes se argument dat een verweer ophou en ’n volgende een daarop volg, is slim, want ’n beskuldigde kan nie tegelykertyd twee verwere hê nie. Een sluit dan die ander uit.

Hodes het gesê twee verwere kan nie op dieselfde tyd geld nie, maar wel op verskillende tye.

Volgens hom was daar ’n “opbou” van vrees by Liebenberg.

Eers was daar die voorval op die eerste verdieping van sy huis toe hy op Poena in sy dogter, Chevonne, se kamer afgekom het.

Poena het Liebenberg toe gedreig.

Daarna, toe hulle op die grondverdieping was, het Dewald ­Visser, Poena se pa, by die voordeur ingestap en Liebenberg geslaan sonder om te praat.

Toe Chevonne hierna flou word en Liebenberg hurk om haar te help, het die Vissers hom aangerand. Dis tóé dat die selfverdediging opgehou en outomatisme ingetree het.

Hodes het gesê niks staaf die staat se argument dat Liebenberg direkte opset gehad het om die Vissers te skiet nie.

Liebenberg het vooraf sy broer gebel en gesê Poena is in sy huis en weier om te loop.

Liebenberg het die landgoed se wagte aangesê om die Vissers van sy huis af weg te hou.

Dit toon daar was geen direkte opset om hulle te skiet nie.

Omdat Liebenberg nie geweet het wat hy doen (toe hy geskiet het) nie, het die nege skote wat hy afgevuur het, nie die perke oorskry nie.

Uiteindelik was Liebenberg se optrede geregverdig, het Hodes gesê.

Die staat se argument dat Liebenberg die Vissers geskiet het terwyl hulle vir hom gevlug het, hou volgens hom nie steek nie.

Hy het gesê nie een van die koeëls het die Vissers in die rug getref nie.

Meer oor:  Poena Visser  |  Dewald Visser  |  Retief Liebenberg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.