Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Dogter getuig sy was bang vir Poena en wou hom los
Chevonne Liebenberg (22) en haar broer, Sheldon, skuil Dinsdag teen die kamera buite die Noord-Gautengse hooggeregshof. Foto: theana breugem

Sy was bang vir Poena en sy het haar pa gevra om haar te help “laaglê”.

Sy het gehuil en aan haar pa gesê sy weet nie hoe om uit die verhouding met Poena te kom nie.

So het Chevonne Liebenberg (22) Dinsdag in die Noord-Gautengse hooggeregshof getuig in haar pa, Retief Liebenberg (50), se verhoor.

Op 31 Oktober 2013 – die dag waarop Poena Visser en sy pa, Dewald, doodgeskiet is – was Che­vonne by haar pa se onderneming.

Sy het getuig sy het daar gewerk nadat sy haar studies in bedryfsielkunde in Potchefstroom gestaak het.

Poena en ’n vriend het by die onderneming verby gery. Poena het haar in die gebou gesien en sy hande hard teen die motor se paneelbord geslaan en gevloek, het sy getuig.

Sy is ná werk eers na haar ma se huis. Poena het “niks daarvan gehou” dat sy haar ma sien nie.

Poena Visser

Poena het haar daar ingewag en wou weet waar sy was.

Hulle het gestry.

Hy het (in haar slaapkamer) haar skeerlemmetjies in sy palm gedruk totdat sy hand gebloei het. Hy het sy kop teen haar hemelbed se paal gestamp.

Haar pa het Poena kom vra om te gaan, het sy getuig en Poena het sy eie pa gebel.

Poena het daarna gesê: “Ek is jammer oor wat nou gaan gebeur. Dinge gaan nie dieselfde wees nie.”

Visser sr. het opgedaag en aan haar pa gesê: “Ek hoor jy dreig my seun.” Visser sr. het haar pa ’n vuishou gegee, het Chevonne getuig.

Sy het flou geword. Toe sy bykom, het sy die “geweerskote” gehoor.

Chevonne het getuig sy en Poena het ’n “abusive” verhouding gehad. Sy was bang vir hom weens die manier “waarop hy goed hanteer het”.

Sy het getuig haar ouers het gesê dis “nie reg” dat sy en Poena saam is nie.

Die dag voor die skietery het sy aan haar pa gesê sy is bang. Sy het haar motor weggesteek, want Poena het gesê hy gaan dwelms daarin plant.

Sy het getuig Poena het in ’n stadium gesê sy pa kan reël “dat iemand met ’n vliegtuig ’n lyk laat verdwyn in ’n ander land”.

Rozanne Liebenberg, Retief se tweede vrou, het getuig toe Chevonne flou val, het Retief haar probeer optel.

Poena en Visser sr. wou Che­vonne toe gryp.

Rozanne het getuig albei Visser-mans het Retief geslaan en “toe val hy (Retief) terug”.

Die Vissers het gelyk na Retief geslaan, het Rozanne gesê.

Meer oor:  Poena Visser  |  Dewald Visser  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.