Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Henri van Breda-saak
Henri ‘het nie gevra vir verslapping van borgtog’

Henri van Breda het glad nie aansoek gedoen om sy borgtogvoorwaardes te verslap in afwagting van die Kerstyd wat voorlê nie.

Lorinda van Niekerk, Van Breda se opdraggewende prokureur, het Woensdag bevestig haar kliënt sal beslis in die Wes-Kaap wees vir Kersfees.

Henri van Breda by die hooggeregshof in Kaapstad. Foto: Adrian de Kock

“Ons het glad nie aansoek gedoen vir die verslapping van sy borgtogvoorwaardes nie,” het sy gesê.

Van die voorwaardes vir sy borgtog is dat Van Breda nie enige kontak met enige van die staatsgetuies, insluitend sy suster, Marli, mag hê nie. Dit beteken hy sal nie sy enigste oorlewende gesinslid op Kersfees kan sien nie.

Marli woon tans by haar oom in Stellenbosch.

Henri het intussen van Muizenberg na Wynberg verhuis. Hy het saam met sy meisie, Daniella Janse van Rensburg, in Muizenberg gewoon.

Ingevolge sy borgtogvoorwaardes is sy paspoort en enige ander reisdokumente aan die ondersoekbeampte oorhandig.

Van Breda moet weer op 12 Februarie in die hooggeregshof in Kaapstad verskyn wanneer die slotbetoë van die partye aangehoor sal word.

Verder mag hy nie binne 500 meter van enige internasionale grenspunt (enige ingang/uitgang op die land se grense) kom nie.

Op vrae oor wat Van Breda se planne vir Kersfees is, het Van Niekerk gesê sy het nog geensins met haar kliënt daaroor gepraat het nie. Sy was die afgelope tyd met verlof.

Van Breda moet weer op 12 Februarie in die hooggeregshof in Kaapstad verskyn wanneer die slotbetoë van die partye aangehoor sal word.

Van Breda staan tereg op drie aanklagte van moord, een klag van poging tot moord en een klag van regsverydeling.

Die staat voer aan Van Breda het sy ouers, Martin en Teresa, en sy ouers broer, Rudi, met ’n byl vermoor en ook vir Marli probeer vermoor.

Sy het die aanval oorleef, maar onthou niks van die voorval nie.

Meer oor:  Henri Van Breda  |  Muizenberg  |  Moord-Verhoor  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.