Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Henri van Breda-saak
Regsman betoog Henri kon moorde nie gepleeg het
Nuusfotograwe neem Dinsdag foto’s van Henri van Breda. Voor hom staan sy advokaat, Pieter Botha. Botha het Dinsdag sy betoog begin.Foto: Jaco Marais

Geen DNS van sy suster, Marli, of ma, Teresa, is op Henri van Breda gevind nie. Daar was ook geen DNS van Marli op die moordbyl nie.

Kan dit beteken dat ’n tweede aanvaller of ’n tweede byl betrokke was?

Dit was gister deel van die betoog van adv. Pieter Botha, Henri se regsverteenwoordiger, in die hooggeregshof in Kaapstad. Die staat het Maandag sy betoog afgehandel.

Botha het gesê die sekerheidstelsel van die De Zalze-landgoed, waar die gesin gewoon het, was nie so veilig nie. Hy het gesê die alarm van die elektrisiteitsheining was wel op twee geleenthede geaktiveer.

Hy het ook daarop gewys dat slegs een van die bure, Stephanie Opt’Hof, die aand ’n rusie uit die Van Breda-huis gehoor het. Die verdediging het tydens die saak ook ’n buurvrou geroep wat getuig het dat sy daardie aand geen geraas gehoor het nie. Selfs die sekerheidsbeamptes, wat twee keer verby die huis op patrollie was, het niks vreemds opgemerk nie, het Botha gesê.

Hy het gevra hoekom het Opt’Hof nie die sekerheidsbeamptes ontbied toe sy die rusie gehoor het nie.

Botha het gesê dit is onmoontlik dat Henri die aanvaller kon wees omdat daar bloedspatsels op die linkerhak van sy sokkie gevind is. Die twee spatsels van Rudi se bloed is ook nie genoeg om Henri te inkrimineer nie, het hy aangevoer.

Hy het daarop gewys dat Henri nie bloed onder sy sokkies gehad nie. Botha het gesê daar was polisiebeamptes in die badkamer voordat die monsters geneem is.

Regter Siraj Desai het tydens die betoog verskeie opmerkings gemaak en gesê dit was ’n baie bloederige toneel, waarna Botha juis die punt gemaak het dat ’n mens juis meer bloed op Henri sou verwag het.

Die kwessie oor ’n tweede moordbyl het weer ter sprake gekom toe Botha gesê het daar was geen DNS van Marli op die moordbyl wat as bewysstuk 1 by die hof ingedien is nie.

Botha het gesê Marli is agt keer met ’n byl geslaan maar daar was geen bloed van sy suster op Henri gevind nie.

Benewens dit was daar twee getuies wat nie 100% kon bevestig dat die byl in die hof dieselfde een is as wat in die huis gehou is nie.

Betoë sal Woensdag na verwagting klaarmaak.

Meer oor:  Henri Van Breda  |  Moorde  |  Dns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.