Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Henri van Breda-saak
Regspan wil nie Henri ‘verneder’ weens sy spraak

Regter Siraj Desai het tyd nodig om te besluit of Henri van Breda se getuienis regstreeks uitgesaai mag word al dan nie.

Dit kom nadat adv. Pieter Botha, vir Van Breda, die hof Maandag versoek het om nie sy getuienis regstreeks te mag uitsaai nie.

Botha sê dit is sy instruksie dat Van Breda wil getuig, maar hy het ’n spraakgebrek wat manifesteer as hakkel en mompel as hy onder druk is.

Botha sê hy wil nie hê die publiek moet die verkeerde indruk van sy kliënt kry as hy dalk hakkel en mompel op kamera vir die wêreld om te sien nie.

Desai het die saak tot Dinsdag vir sy uitspraak verdaag.

In die openbare galery was daar meer mense as gewoonlik, onder andere Van Breda se oom André du Toit.

Henri van Breda, Maandag in Hof 1 van die hooggeregshof in Kaapstad. Foto: Le Roux Schoeman

Meer oor:  Henri Van Breda  |  Getuienis  |  Besluit  |  Regter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.