Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Henri van Breda-saak
OORSIG: Getuienis oor sekuriteit in Henri-saak

Henri van Breda se regspan het Dinsdag eers 'n buurvrou van die Van Breda-gesin as getuie geroep oor wat sy gehoor (en nie kon hoor nie) die nag waarop die aanvalle in die Van Bredas se huis plaasgevind het.

Daarna het 'n getuie wat kundigheid het oor elektriese heinings vir Henri van Breda se verdediging getuig oor hoe moontlik dit is dat mens 'n elektriese heining kan ontglip om by 'n perseel in te kom.



24 Okt. 12:40:22

Botha sê hy het nog 'n getuie oor sekuriteit wat môre kom. Die getuie is tans in Namibië.

Regter Desai verdaag die verhoor tot Woensdag om 11:00.

24 Okt. 12:38:34

Botha is klaar met sy herondervraging van Rabie.

24 Okt. 12:37:34

Op 'n verdere vraag van Botha of die wag die alarms self sal kan afskakel, antwoord Rabie nee, die fout by die heining moet eers reggestel word.


24 Okt. 12:35:42

Botha sê niemand het die sekuriteit gekontak oor alarms wat geaktiveer is nie, waarop Rabie antwoord indien die wag nie fisiek by die kiosk is nie, sou hy niks gehoor het nie. Alarms is baie sag.

24 Okt. 12:31:16

Galloway is klaar met haar kruisondervraging en Botha herondervra vir Rabie.

24 Okt. 12:30:13

Galloway voer aan wat ookal jy gebruik het om in te kom, sal jy moet hou om weer uit te kom.

Galloway vra aan Rabie indien dit meer as een persoon is wat wil inkom - sal dit die moontlikheid verhoog om gesien te word? Rabie bevestig dit.


24 Okt. 12:25:16

Galloway noem die heining is 5 keer getoets en verskeie inspeksies is gedoen. Die sekuriteitsbeamptes het langs die heinings gery en niks fout gesien nie. Rabie antwoord hoe kan mens bestuur en kyk op dieselfde tyd - daar is goed wat 'n mens kan mis?

Galloway voer verder aan daar was ook patrollies binne die landgoed gedoen. Rabie antwoord as hy stap, sal hy beter monitering kan doen. Rabie sê persone sou nie kon sien as hulle verbygery het nie - hulle sou goed soos voetspore mis.

24 Okt. 12:21:41

Rabie sê hy kan ook nie stry met Wyngaard se getuienis dat daar niks fout was op die kringtelevisie nie.

24 Okt. 12:20:00

Galloway vra of Rabie net kommentaar lewer oor die verslag van die stelsel wat adv. Pieter Botha aan hom gegee het. Rabie bevestig dit.

Galloway sê sy sal argumenteer albei Wyngaard en Afrika is trots op hul werk. Hulle het albei gesê die kantoor in Parow het hulle nooit laat weet van die alarms wat geaktiveer was nie. Rabie sê ja, maar net omdat hy sê dat die alarms nie geaktiveer was nie, beteken nie dit was so nie.

24 Okt. 12:17:35

Galloway sê in die spesifieke geval was daar 9 normale kamera sen 'n aantal spesiale nagvisie kameras. Rabie sê hy weet nie, hy kan nie kommentaar lewer daaroor nie. Galloway sê daar was twee sekuriteitsbeamptes,  Edgar Wyngaard en Lorenzo Afrika, wat getuig het oor die aand - hulle was aan diens. Afrika het getuig hy het gaan kyk waar alarms geaktiveer is en dit reggestel. Rabie antwoord hy kan nie stry daarmee nie, hy was nie daar nie.


Meer oor:  Bloedspatselkenner  |  Henri Van Breda  |  Bloed  |  Bylmoorde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.