Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Henri van Breda-saak
Oorsig (Dag 32): Henri-saak uitgestel

Kapt. Marius Joubert, ’n kundige oor bloedspatsels wat ook in die moordverhoor van Oscar Pistorius getuig het, sou Maandag getuig het presies hoe erg die bloed gespat het toe Henri van Breda se ouers, Martin en Teresa, en sy broer Rudi gewelddadig aangeval en vermoor is. Kapt. Joubert is egter siek en sal eers later getuig.

Kapt. Marius Joubert, bloedspatseldeskundige het ook in die Oscar Pistorius-saak getuig. Foto: Emile Hendricks, Argief

Ook Henri se suster, Marli, is aangeval, maar het oorleef.

Henri staan tereg op aanklagte van moord, poging tot moord en regsverydeling.

Joubert het die moordtoneel besoek en ’n verslag saamgestel oor die patrone van die bloedspatsels wat gekry is.

Dit sluit ook spesifiek bloedspatsels in wat op Henri se klere gekry is.

Dié bloedige bewyse kan bepaal hoe naby Henri aan sy gesin was toe hulle aangeval is.

Joubert is die staat se 24ste getuie wat geroep word om die staat se saak teen Henri te staaf.

Henri van Breda

Die staat voer aan hy het sy gesin met 'n byl doodgekap en daarna die toneel probeer skoonmaak om weg te steek dat dit hy was wat die moorde gepleeg het.

Van Breda het in April skuld op al die aanklagte ontken en voer aan 'n inbreker het sy gesin vermoor en hom met 'n mes gesteek.

Met die polisie se aankoms op 27 Januarie 2015 op die moordtoneel, is daar op Van Breda se grys slaapbroek en sokkies beslag gelê vir toetse.

Joubert sal onder meer getuig oor die analise wat hy van dié klere asook die duvetoortreksel, wat op die vloer in Henri en Rudi se kamer gekry is, gedoen het.

Daar was verder bloedspatsels op die mure en selfs op die bure se huis se buitemuur.

Joubert se getuienis is 'n belangrike legkaart in die raaisel oor die moorde.

Volg Netwerk24 se regstreekse dekking hier:

14 Aug. 10:40:49

Die saak is uitgestel tot Dinsdagoggend om 10:00

14 Aug. 10:39:16

Vandag se verhoor was slegs 'n paar minute, met die getuie wat geroep sou word, kapt. Marius Joubert, wat siek is.

Meer oor:  Marius Joubert  |  Henri  |  Kaapstad  |  Oscar  |  Kenner  |  Van Breda  |  Hof  |  Getuig  |  Bloed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.