Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Henri van Breda-saak
Oorsig: Staat sluit sy saak

Adv. Pieter Botha, Henri van Breda se regsverteenwoordiger, sal Maandag voortgaan om die staat se bloedspatselkenner te ondervra.

Kapt. Marius Joubert is al ‘n week in die getuiebank in die hooggeregshof in Kaapstad.

Joubert het verlede week bevind Henri se weergawe van die aand toe sy gesin met ‘n byl doodgekap is, nie met die bloedspatselpatrone ooreenstem nie.

Daar is bloed op Henri se slaapbroek en sokkies gevind, wat vir Joubert ‘n aanduiding was dat Henri naby aan sy broer Rudi, sy pa Martin en sy ma Teresa moes wees toe hulle vermoor is.

Volgens Henri se eerste verklaring wat op 27 Januarie geneem is, was hy in die badkamer toe Rudi en Martin in sy slaapkamer vermoor is. Joubert se mening is dat dié weergawe nie strook met die bloed wat op Henri gevind is nie.

Verder is daar bloedspatsels gevind wat Joubert sê deur ‘n beheerde kapmosie gemaak is. Dit is bloed wat van die byl afgekom het.

Vandag is die 40ste dag van die verhoor en na verwagting sal die staat hul saak sluit.

18 Sep. 15:42:08

Desai stel die saak uit tot 21 September vir betoë deur Botha oor of die verdediging se kenners voor Henri kan getuig.

Die hof verdaag.


18 Sep. 15:39:34

Botha sê Henri het sy weergawe in groot detail gegee, so hy sal nie kom en 'n ander weergawe gee nie.

Hoekom sal hy dit doen? vra Botha.


18 Sep. 15:38:28

Botha sê hy wil sy kliënt se posisie oorweeg en ook drie getuies se posisies oorweeg. Botha wil moontlik kenners roep voor hulle dalk vir Henri sal roep om te getuig.

Desai vra regsvoorbeelde hiervan.

Die staat is bekommerd hieroor en sê dit kan aan Henri die geelentheid gee om sy weergawe aan te pas, en dit kan dan ook daartoe lei dat hy nie getuig nie.


18 Sep. 15:36:05

Vrae nou oor Marli as getuie wat nie deur die staat geroep is nie. Die versoek is dat Marli nie aan die verdediging beskikbaar gemaak word as getuie nie.

Botha sê die verdediging respekteer dat Marli nie met hulle wil konsulteer nie.

Die res van die getuies wat op die staats se lys was, is nou beskikbaar vir die verdediging.


18 Sep. 15:33:41

Galloway vra oor dr. Marianne Tiemensma en of sy teruggeroep moet word om vir die staat te getuig. Sy het na Australië geëmigreer. Die staat sal later sy saak kan oopmaak hiervoor, indien nodig.


18 Sep. 15:30:14

Regter Desai vra nou oor Marli se verklaring en of Botha insae gehad het daarin.

Botha sê soos hy verstaan, was die verklaring net om Marli se beserings te bevestig.

Botha sê hulle betwis nie die beserings nie en ook nie haar geheueverlies nie.

18 Sep. 15:27:28

Die staat sluit sy saak.

18 Sep. 15:26:31

Adv. Pieter Botha kry nou weer 'n geleentheid om kruisondervraging te doen na aanleiding van regter Desai se vrae. Botha vra oor Rudi se bloed op die bure se muur en hy vra of dit van iemand se hand of moue kon afspat. Hierop antwoord Botha ja.


18 Sep. 15:21:49

Desai vra hoe lank dit sou vat vir Rudi se bloed om klonte te maak. Joubert antwoord 15 minute, maar daar is baie dinge wat hierop 'n invloed kan hê. Desai vra hoe lank het Rudi op die bed gelê voordat hy geskuif is (om die bloedkol te veroorsaak)? Joubert kan nie die vraag antwoord nie.

18 Sep. 15:18:18

Desai vra of dit moontlik is dat Marli se bloed net nie op die byl versamel is nie. Joubert sê ja - dit is moontlik.

Meer oor:  Bloedspatselkenner  |  Henri Van Breda  |  Bloed  |  Bylmoorde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.