Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Poena is ’n great mens – stiefma
Die foongesprek op 11 Oktober 2013 tussen Sherese Visser (Poena se ma) en Rozanne Liebenberg (Chevonne se stiefma).
Die tweede foongesprek tussen Sherese Visser (Poena se ma) en Rozanne Liebenberg (Chevonne se stiefma).

“Poena is ’n great mens.”

Rozanne Liebenberg, Retief Liebenberg se tweede vrou, het op 11 Oktober 2013 dié teksboodskap aan Poena se ma, Sherese Visser, gestuur.

Later daardie maand is Poena en sy pa, Dewald, doodgeskiet.

Die staat het Donderdag afskrifte van twee foongesprekke tussen Rozanne en Sherese by die hof ingedien.

Adv. Phyllis Vorster, aanklaer, het Retief se mening oor dié boodskappe gevra.

Retief het geantwoord hy weet nie van die boodskappe nie.

Sherese het Rozanne op 11 Oktober 2013 bedank dat dié en Retief so goed is vir haar seun.

Rozanne het geantwoord Poena is ’n great mens en dis lekker om saam met hom en Chevonne (Retief se dogter) te kuier.

’n Paar dae later het Sherese in ’n boodskap gesê: “Dankie dat julle my kind gehuisves het, regtig.”

Rozanne het toe geantwoord Poena is altyd welkom.

“Solank hy happy is, dan is ek happy,” het Rozanne gesê.

Vorster het gesê luidens die boodskappe lyk dit of Poena by die Liebenbergs gekuier het “en dat daar ’n baie goeie verhouding tussen julle was”.

Retief het geantwoord dat Poena daar gekuier het, maar daar “was nie ’n goeie verhouding tussen ons en hom nie”.

Sherese, wat die verhoor bywoon, het Donderdag by tye in die hof se openbare galery gehuil.

Kenner sê pa ‘het sy eie waardes oortree’

Toe Retief Liebenberg sy dogter se kêrel en dié se pa doodgeskiet het, was hy in ’n toestand van dissosiasie.

Dit is volgens ’n verslag wat prof. Jonathan Scholtz, ’n kliniese sielkundige, oor Liebenberg by die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria ingedien het.

Scholtz sê ná “ekstreme provokasie” en nadat Liebenberg deur Poena en Dewald Visser aangerand is, het hy uiterse vrees ervaar wat sy optrede geaktiveer het.

“Hy het uit selfverdediging opgetree, in teenstelling met sy persoonlikheid en sy waardes, in ’n desperate poging om sy dogter veilig te hou en homself te beskerm.”

Volgens Scholtz het Liebenberg op ’n onwillekeurige manier opgetree sonder bewustheid van of beheer oor sy optrede.

“Hy was nie in staat om te onderskei tussen reg en verkeerd nie en/of om op te tree volgens só ’n besef in die tyd wat hy die skote afgevuur het nie.” – Jeanne-Marié Versluis

Meer oor:  Poena Visser  |  Dewald Visser  |  Retief Liebenberg  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.