Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
‘Aanrander’ sê hy verdedig homself net teen sakeman

Francois Leibrandt beweer hy het destyds ’n sakeman van Pretoria uit “selfverdediging” aangerand.

Lionel Lewis kort nadat hy aangerand is.

Luidens die klagstaat het Leibrandt op 9 Julie 2016 vir Lionel Lewis met die vuiste bygedam en, toe Lewis val, hom geskop.

Lewis kan nie veel van die aanval op hom onthou nie. Hy was na die voorval vir drie dae in die hospitaal, veral omdat hy reeds in 2010 ’n breinoperasie ondergaan het.

Leibrandt, wat verskeie ander aanrandingsake teen hom het, het vroeër in die streekhof in Pretoria skuld ontken op aanklagte dat hy Lewis aangerand het met die opset om hom ernstig te beseer, en poging tot moord omdat hy glo met sy voertuig op Lewis se seun, Ramon Dunye, afgejaag het.

Lewis, in daardie stadium 53, was die eienaar van die bekende LA Sport 4WD-mega-veldrywinkel in Wonderboompoort, Pretoria. Daar was ook ’n restaurant en ’n 4x4-baan op die perseel.

Leibrandt en ’n vriend het daardie dag by die restaurant geëet.

Daar is in die verhoor getuig dat hulle toe in ’n voertuig, wat Leibrandt bestuur het, geklim het.

Lewis en Dunye het getuig dat Leibrandt met die voertuig wilde draaie (“donuts”) op die los gruis gemaak het – so erg dat die klippers gespat het.

Hy was 21 jaar oud, nie ’n baie ervare mens nie. Dit is net natuurlik dat hy homself sou verdedig.

Lewis het nader gestap en die jong man aangespreek.

Treasure Ndou, die aanklaer, het Dinsdag betoog dat Leibrandt aggressief was toe hy uit die voertuig geklim en Lewis tegemoet gestap het.

“Die beskuldigde het aan die klaer gesê ‘f*k jou, ou man’, waarop die klaer hom weggestoot het. Toe begin die beskuldigde die klaer aanrand.

“Toe mnr. Lewis val, is hy geskop.

“Sy seun (Dunye) het getuig dat sy pa bewusteloos was terwyl die beskuldigde hom geskop het, en hy het hom probeer keer,” het Ndou betoog.

Sy het bygevoeg dat Leibrandt daarna probeer wegjaag het, waarop Dunye die hek wou toemaak om hom te keer.

“Toe probeer die beskuldigde hom met die voertuig raakry en die seun moes uit die pad spring,” het die aanklaer bygevoeg.

Volgens Ndou was die klaers geloofwaardige getuies, terwyl Leibrandt se weergawe “vol gebreke” was.

Lionel Lewis met die merke op sy gesig waar hy na bewering deur Francois Leibrandt geslaan en geskop is.

“Die beskuldigde beweer dat hý die slagoffer was. Ek vind dit egter vreemd dat die klaer sonder rede sou opstaan om die beskuldigde te gaan konfronteer. Hy is ’n sakeman, hoekom sal hy ook sonder rede net op ’n kliënt skree?

“Die klaer het beserings opgedoen en was in die hospitaal. Die beskuldigde het geen beserings gehad nie,” het die aanklaer aangevoer en gevra dat Leibrandt skuldig bevind word.

Cara Alberts, Leibrandt se prokureur, het betoog dat die gruisklippies by die parkeerplek dalk met die wegtrek dalk opgeskiet het, maar nie omdat Leibrandt “donuts” gemaak het nie.

“Die beskuldigde en sy vriend wou ry. Dan spring die eienaar (Lewis) op en skree op hom. Hierdie (Lewis) is ’n groot man. Hy is ongeveer 1,9 m lank en oor die 100 kg swaar. Die beskuldigde was 1,7 m lank en ongeveer 70 kg.

“Die beskuldigde word gekonfronteer deur ’n baie groot, aggressiewe man. Moes hy koes soos ’n hond?

“Hy was 21 jaar oud, nie ’n baie ervare mens nie. Dit is net natuurlik dat hy homself sou verdedig,” het Alberts aangevoer.

Volgens haar was Lewis nie soseer vir drie dae in die hospitaal weens sy beserings van die beweerde aanranding nie, maar eerder sodat die vorige kopbesering gemonitor kon word.

Alberts het ook aangevoer dat Leibrandt nie vir Lewis gevloek het nie, maar hom net ’n “ou toppie” genoem het, wat Lewis as “disrespekvol” beskou het.

Uitspraak word in November gelewer.

* Hoewel Leibrandt destyds in dié saak op waarskuwing vrygelaat is, is hy tans in aanhouding nadat hy in ’n ander aanrandingsaak, een van minstens nog drie naas die Lewis-saak, borgtog geweier is.

Meer oor:  Ramon Dunye  |  Lionel Lewis  |  Francois Leibrandt  |  Pretoria  |  Sakeman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.