Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Aansoek oor ANC se Oos-Kaapse konferensie misluk
Oscar Mabuyane Foto: Gallo Images, Argief

’n Aansoek om die ANC se verkiesingskonferensie in die Oos-Kaap, wat die naweek afgehandel is, stop te sit, is van die rol geskrap.

Regter Belinda Hartley het bevind die applikante moet die koste van die aansoek dra.

Oscar Mabuyane, ANC se nuwe provinsiale voorsitter, het Sondagaand op sy eerste nuuskonferensie gesê sy party sal die hofsaak wen.

Mvuzo Notyesi, ’n prokureur, het die hooggeregshof in Oos-Londen Sondag genader om die konferensie se verrigtinge stop te sit.

“Dit is net ’n akademiese oefening omdat ’n mens nie ’n konferensie kan stopsit wat reeds voltooi is nie,” het Mabuyane Sondagaand gesê.

Meer oor:  Oscar Mabuyane  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.