Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Aansoek oor kleuterskole nie meer in ope hof aangehoor

Die aansoek dat private kleuterskole ook volgende week moet heropen, sal nie meer Woensdag in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor word soos vroeër berig is nie.

Luidens ’n verklaring deur Solidariteit is die organisasie Dinsdag ingelig die saak gaan nie meer aangehoor word nie, maar regter Hans Fabricius sal die hofstukke bestudeer en dan uitspraak lewer.

Solidariteit se Beroepsgilde vir Maatskaplike Werkers en die Skoleondersteuningsentrum (SOS) het die aansoek ingedien.

“Geen argumente sal dus oor die saak aangevoer word nie. Sover Solidariteit se kennis strek, is geen opponerende verklarings tot dusver deur die departement van maatskaplike ontwikkeling ingedien nie.”

Dit is ’n verligting dat die saak uiteindelik voor die regter sal dien.

Die regulasies maak daarvoor voorsiening dat sentrums vir vroeë kinderontwikkeling (VKO’s) op 6 Julie mag heropen as hulle gr. R aanbied en dus voldoen aan die definisie van ’n “skool” soos in die Skolewet uiteengesit.

Die departement van maatskaplike ontwikkeling het al verskeie kere gesê private kleuterskole mag nie op vlak 3 van die inperking heropen nie. Dagmoeders, speelgroepe en naskoolsentrums val ook onder die instellings waarheen kinders nog nie mag terugkeer nie.

Die SOS en Beroepsgilde vir Maatskaplike Werkers vra dat VKO’s wat nie gr. R aanbied nie, ook toegelaat word om op 6 Julie te heropen.

“Dit is ’n verligting dat die saak uiteindelik voor die regter sal dien,” sê Marisa Engelbrecht, sektorhoof van die beroepsgilde.

“Deur sy stilswye ignoreer die departement die noodkreet van die sektor. Deur die saak na die hof te verwys, dwing ons die departement om daarop te reageer. Dit is die departement se plig om in die beste belang van ons kinders op te tree; nie om deur hul optrede kinders van hul regte te ontneem nie,” sê sy.

Lumka Oliphant, woordvoerder vir die departement van maatskaplike ontwikkeling, het nie Dinsdag op navrae reageer nie.

Die departement het op 21 Junie gesê private kleuterskole se personeel mag terugkeer om voorbereidings te begin tref om gereed te wees vir wanneer hul wel kan heropen. Geen datum vir die heropening is egter bekend gemaak nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.