Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
3 geskiet: Klagte teen boer gelos

Een van die drie mense wat kort ná die aanval op Pieter Swart (37), ’n boer van Kroonstad, in hegtenis geneem is, het in ’n bekentenis Swart se weergawe van Donderdag se gebeure bevestig.

Só sê adv. Piet Pistorius wat Maandag saam met ’n plaaslike prokureur, F.C. Schilling, Swart in die hof sou verteenwoordig indien hy van moord aangekla sou word.

F.C. Schilling, ’n prokureur van Kroonstad, by Pieter Swart, sy kliënt, kort nadat Swart gehoor het hy gaan nie meer vervolg word nadat hy drie aanvallers doodgeskiet het nie. Foto: Alet van der Walt

Swart het Donderdag omstreeks 08:30 hulp op ’n veiligheidsgroep gevra en gesê dat hy drie mense geskiet het wat hom op sy plaas, Boskoppie, aangeval het.

Boere, die buurtwag en die polisie het nog drie mense in die omgewing in hegtenis geneem wat moontlik met die aanval verbind kan word.

Twee van die mense is egter vrygelaat omdat daar nie genoeg bewyse teen hulle is nie, maar die derde persoon het ’n bekentenis afgelê.

Swart is in die ongevalleafdeling van ’n plaaslike hospitaal behandel vir ’n steekwond in sy gesig, maar is toe self in hegtenis geneem op drie aanklagte van moord.

Ek het nog nooit gehoor dat iemand toegesluit word wat net homself verdedig het nie.

Schilling sê dit was duidelik dat die polisie Swart oor die naweek wou toesluit, maar hy kon Vrydag reël dat Swart in die hospitaal opgeneem word omdat hy beseer is.

Swart was die naweek onder polisiebewaking in die hospitaal.

Maandagoggend is hy na die landdroshof in Kroonstad gebring en teen middagete het dit bekend geword dat die direkteur van openbare vervolging (DOV) beslis het dat daar nie enige rede is vir waarom hy vervolg moet word nie.

Dit volg nadat die polisie Vrydag in ’n mediaverklaring gesê het Swart se weergawe verskil van dit wat die polisie op die toneel opgemerk het.

Pistorius sê die feit dat Swart onregmatig aangehou is was vir hom ’n geweldige skok ná die trauma van die aanval.

“Ek het nog nooit gehoor dat iemand toegesluit word wat net homself verdedig het nie,” sê Pistorius.

Swart is ’n bekende boer en evangelis van Kroonstad.


Meer oor:  Pieter Swart  |  Kroonstad  |  Aanval  |  Leeuboer  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.