Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Adam Catzavelos is nou bekeer

* Die saak is tot 28 Februarie vir vonnisoplegging uitgestel. Hou Netwerk24 dop vir meer besonderhede oor wat vandag in die hof getuig is.


Adam Catzavelos, die man agter die k-woord-video wat hy op ’n strand in Griekeland opgeneem het, is nou wedergebore.

Hy is Donderdagoggend in die getuiebank in die landdroshof in Randburg deur die verdediging en staat ondervra met die aanvang van vonnisverrigtinge.

Hy het in Desember 2019 skuld beken op ’n aanklag van crimen injuria en sy vonnisverhoor het Donderdag begin.

Catzavelos het deurgaans voorgehou dat hy “’n wedergeborene” is en dat hy nie seker is wat 17 maande gelede deur sy kop gegaan het nie.

Die landdros het hom reguit gevra of hy dink hy is beter as swart mense.

Hy het gesê toe hy die video gemaak het, het hy dalk omdat hy ’n baie ongelukkige mens was.

Met elke vraag het hy gesê hy is jammer en is reg om verantwoordelikheid vir sy daad te aanvaar.

Die verdediging se getuie Seth Mazibuko, onder wie se leiding Catzavelos gemeenskapsdiens doen nadat hy in Augustus in die gelykheidshof ’n skikking met die Menseregtekommissie (MRK) oor sy video-uitspraak bereik het, het ook Donderdag getuig.

Deel van Catzavelos se ooreenkoms sluit in dat hy R150 000 oor ’n tydperk van 30 maande moet betaal.

Adam Catzavelos Donderdag by die landdroshof in Randburg. Foto: Arisa Janse van Rensburg

Meer oor:  Crimen Injuria  |  Hof  |  Adam Catzavelos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.