Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Afpersing-saak: 2 hoor Vrydag oor borgtog

Die twee mans wat saam met ’n berugte taxibaas van Mamelodi teregstaan op aanklagte van afpersing sal Vrydag hoor of hulle op borgtog vrygelaat gaan word.

Elias Skhosana en Stemmer Monageng het Maandag in die landdroshof in Pretoria verskyn.

Skhosana is op 8 Maart in ’n klopjag op sy huis in die Silverlakes Estate in Pretoria-Oos in hegtenis geneem.

Monageng is in die vroeë oggendure van 9 Maart by sy huis in Bronkhorstspruit in hegtenis geneem.

Die berugte taxibaas Vusi “Khekhe” Mathibela is verlede week Dinsdagaand in hegtenis geneem nadat hy hom aan polisiebeamptes in Germiston oorgegee het.

Die drie word almal aangekla van die afpersing van taxidrywers, spazawinkeleienaars en eienaars van plaaslike ondernemings.

Skhosana het in sy aansoek om borgtog gesê hy is nie ’n vlugrisiko nie en het ’n vaste woonadres in Mamelodi.

“Ek het my paspoort oorhandig en sal nie vlug nie,” het hy gesê.

Mathibela het sy borgtogaansoek laat vaar. Hy gaan in die hooggeregshof aansoek doen om sy aanhouding onwettig te laat verklaar.

Hy het die polisie daarvan beskuldig dat hulle hom aangerand het terwyl hy in aanhouding was.

Meer oor:  Mamelodi  |  Afpersing  |  Borgtog  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.