SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Hof
AfriForum appelleer teen uitspraak oor ou vlag
Kallie Kriel en Ernst Roets van AfriForum op ’n mediakonferensie in Centurion. Foto: Verskaf

Die burgerregteorganisasie AfriForum sê hy gaan appelleer teen die gelykheidshof se beslissing dat die vertoon van die ou landsvlag haatspraak is.

Dit kom kort ná die uitspraak van die appèlhof Vrydag dat art. 10 van die Wet op die Bevordering van Gelykheid en die Voorkoming van Onbillike Diskriminasie, wat handel oor haatspraak, ongrondwetlik is.

Die appèlhof het bevind art. 10 is te “vaag” en die omvang te wyd en dat dit in die proses die reg op vryheid van spraak en uitdrukking skend.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sê die organisasie is sterk ten gunste van vryheid van spraak.

“Die feit dat die ou vlag sommige mense aanstoot gee, is kragtens die bepalings van die Suid-Afrikaanse Grondwet nie ’n geldige rede om dit as haatspraak te verklaar nie,” sê Kriel.

Volgens Ernst Roets, AfriForum se hoof van beleid en aksie, kan die vertoon van die vlag slegs op haatspraak neerkom as dit gepaardgaan met ’n boodskap wat spesifieke groepe mense teiken of geweld teen groepe aanhits.

Hy het benadruk dat AfriForum nie self die vlag vertoon nie juis omdat dit kan aanstoot gee.

Hy het benadruk dat AfriForum nie self die vlag vertoon nie juis omdat dit kan aanstoot gee.

“Om AfriForum se verdediging van vryheid van spraak in die saak te vertolk as ’n poging om die skending van mense se waardigheid tydens apartheid te regverdig, is ’n moedswillige verdraaiing van AfriForum se standpunt.”

Roets glo die appèlhof se uitspraak sal AfriForum se saak versterk, maar dat dit terselfdertyd nie ’n nadelige impak sal hê op ander sake van haatspraak waarby AfriForum betrokke is nie, omdat daardie sake juis oor aanhitsing gaan en nie bloot oor aanstootlikheid nie.

’n Datum vir die appèl is nog nie bekend gemaak nie.

Meer oor:  Haatspraak  |  Afriforum Appelleer  |  Hofuitspraak  |  Ou Vlag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.